top of page

Edu-Profilogist: Ankia Brooks


Ankia Brooks

Somerset-Wes

071 874 8013

ankia@eduprofile.co.za

Vertel ons van jou gesin

Ek en my man Edwin was 'n skool liefde en is hierdie jaar 9 jaar getroud. Ons het 'n tweeling, Lexi en Owen, hulle is nou 6 jaar oud in Gr.R.

Het julle enige troeteldiere?

Ja, Rusty - 'n Duitse Herdershond, en Haasdas - 'n hasie. Rusty jaag vir Haasdas vir so 5 minute, dan gee hy op :-)

Wat is jou gunsteling kos?

Enige iets met maalvleis! Spaghetti Bolognese, Kerrie en Rys, Frikadelle, Lasagne ens.

As jy vir enige iemand 'n vraag kon vra, wat sou jy vra?

Ek sou vir die Here vra dat ek Sy stem duidelik sal hoor elke dag.

Wat wou jy word toe jy 5 jaar oud was?

'n Dagmoeder - ek was mal oor babatjies!

Wat is jou gunsteling stokperdjies?

Legkaart bou - 1500 stuk, Jag (Doen dit nie meer so baie nou dat ons in die Kaap bly nie), Koffie saam met vriendinne, Naaldwerk

Wat lees jy graag?

Ek is glad nie lief vir lees nie - wens ek was. Baie lief vir 'n goeie fliek! Enige iets behalwe bo-menslike goed wat nie kan gebeur nie.

Wat was jou gunsteling vak op skool?

Ekonomie - het 'n baie goeie en oulike juffrou gehad, kuier nou nog by haar :-)

Aan watter buitemuurse aktiwiteite het jy op skool deelgeneem?

Perdry

Naaldwerk klasse

Ek het krieket telling gehou van Gr7 - 12

Wat is jou gunsteling kwotasie uit 'n fliek?

"Nobody puts Baby in a corner" uit Dirty Dancing

Watter raad sou jy vir jou tiener-self wou gee?

Droom groot - niks is onmoontlik nie. Dit is regtig belangrik om elke dag jou huiswerk te doen!

Watter nietighede irriteer jou?

'n Kind wat oop mond eet, 'n Skildery wat skeef hang, 'n Skewe lyn (ek sal 'n wolkie omtrek as ek nie 'n liniaal het nie) 'n Aanhoudende geluid soos 'n harde horlosie, pen wat tik tik op 'n tafel, ens.

As jy enige plek in die wêreld kon bly, waar sou dit wees?

Solank dit net saam met my gesin is, is ek tevrede. Ek het gesukkel om in die Kaap aan te pas, maar dit is darem maar 'n mooi plek wat aan mens groei!

Wat is die mees skrikwekkende ding wat jy al ooit vir pret gedoen het?

Valskerm spring - dit was nie so scary nie, maar ander mense dink so.

Wat is jou gunsteling animasiefilm?

Beauty and the Beast

Van watter sport is jy 'n aanhanger?

Ek is glad nie sportief nie, maar my man is baie lief vir enige sport!

Wat sal jy nooit ooit doen nie?

Ek sal nooit van 'n slang hou nie en dink nie ek sal ooit 'n tattoo kry nie!

Wat maak jou opgewonde oor Edu-Profile?

Dat dit mense se lewens soveel makliker kan maak, menseverhoudings kan verbeter en jouself en ander beter verstaan. Dit gee my ook baie gemoedsrus dat jy so gebore is en dat dit nie kan verander nie, jy kan net leer hoe om jou volle potensiaal te bereik met jou eie profiel.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page