top of page

Edu-Profilogist: Elsa Zandberg


Elsa Zandberg

Upington & Noord-Kaap omgewing

083 406 5969

elsa@eduprofile.co.za

Vertel ons meer van jou gesin

My man se naam is Flip, hy werk by Chevron en is ‘n deeltydse boer in die Kenhardt distrik. Ons het 3 seuns, Stephan, Christo en Cobus. Almal klaar gestudeer en uit die huis uit.

Het julle enige troeteldiere?

Ons het 2 rooibruin skaaphonde, Bella en Jessie.

Wat is jou gunsteling kos?

‘n Vet, Boesmanlandse skaaptjoppie oor die kole gebraai.

Wat wou jy word toe jy vyf jaar oud was?

Toe ek 5 jaar oud was, wou ek ‘n onderwyseres en boervrou wees, orrel speel in die kerk en ‘n perd he. Al 4 het waar geword, behalwe dat ek nie ‘n boervrou is nie, maar met ‘n boer getroud is!

Wat is jou stokperdjies?

Verf, binnenshuise versiering, naaldwerk en om op my elektroniese klavier te speel en liedjies te komponeer en op te neem vir my kleuterskool.

Wat lees jy graag?

Ek hou daarvan om spanningsverhale te lees, soos die van Deon Meyer.

Wat was jou gunsteling vakke op skool?

Musiek en Biologie.

Aan watter buitemuurse aktiwiteite het jy deelgeneem op skool?

Ek het netbal gespeel en in die skoolkoor gesing.

What’s your favourite line from any movie?

My gunsteling deel uit die fliek “Pretty Woman” is: “This too shall pass”

Watter raad sou jy jouself as tiener wou gee?

Om nie alles so emosioneel te ervaar nie en om nie so hardkoppig te wees wanneer my ma my wil help klere kies nie.

Watter nietighede irriteer jou?

Wat my maklik irriteer is wanneer mense ongeskik en ongeduldig is, of my verkeinnaampies noem.

As jy enige plek in die wêreld kon bly, waar sou jy kies om te bly?

Ek sal graag naby die see wil bly, omdat mens lekker kan gaan stap en ontspan as die lewe jou druk.

Kies ‘n rolprent-titel om jou lewensverhaal te beskryf.

My Favourite Fairy Tale

Wat is die mees skrikwekkende ding wat jy al ooit vir pret gedoen het?

Ek het ge “Skydive”.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square